top of page

Spaghetti en frikkadelle met ‘geheime’ groente

  • Idees Tydskrif
  • Dec 29, 2015
  • 2 min read

• 500 g maer bees- of varkmaalvleis • 1 klein ui, gerasper • 2 wortels, fyngerasper • 1 groot eier, liggies geklits • 125 ml vars broodkrummels • 7,5 ml fyn koljander • olyfolie, vir panbraai • spaghetti, om voor te sit • gerasperde parmesaan en vars basilie, om voor te sit Sous • 1 ui, fyngekap • 2 knoffelhuisies, fyngedruk • 1 selderysteel, gekap • 3 murgpampoentjies, fyngerasper • 1 rooi soetrissie, pitte verwyder en gekap • 2 blikke Italiaanse pruimtamaties • omtrent 250 ml groente-aftreksel • 15 ml tamatiepasta • 100 ml rooi lensies • 5 ml droe¨ basilie • 3 ml droe¨ origanum 1 Meng die maalvleis, ui, gerasperde wortel, eier, broodkrummels en koljander en geur dit goed met sout en varsgemaalde swartpeper. 2 Rol die mengsel in klein bolletjies en sit dit in die yskas. Maak solank die sous. 3 Sous Verhit ’n bietjie olie in ’n kastrol. Voeg die ui by en soteer dit vir ’n minuut voor jy die knoffel, seldery en murgpampoentjie byvoeg en vir omtrent drie minute oor matige hitte roerbraai. 4 Voeg die orige sousbestanddele, 2 ml suiker en sout en varsgemaalde swartpeper na smaak by. Laat dit vir 15 minute prut. Maak die sous glad met ’n handversapper. Voeg nog ’n bietjie aftreksel of water by, indien nodig. 5 Verhit ’n lagie olie in ’n kleefvrye pan. Braai ’n paar frikkadelle op ’n slag tot dit oraloor bruin en gaar is. 6 Sit al die frikkadelle in die kastrol met die sous en laat dit vir ’n paar minute prut. Sit dit warm voor oor gaar pasta en sprinkel gerasperde parmesaan en vars basilie bo-oor.

 
 
 

תגובות


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page