SPAGHETTI MET GEROOKTE HOENDER EN AVOKADO
- WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
- Dec 29, 2015
- 1 min read

Avokado’s is maklik verkrygbaar (en ook veel goedkoper!) in die winter, wanneer dit in seisoen is. En al kos dit net ’n paar minute om dié gereg aanmekaar te slaan, maak dit jou net so warm soos sop wat ure lank staan en prut. Jy benodig • 4 gerookte hoenderborsies • 2 avokado’s, in blokkies gesny • 250ml dik room • sout en varsgemaalde swartpeper • 500g spaghetti, gaar gekook • ’n hand vol gekapte pietersielie Só maak jy 1. Tjop-tjop. Sny die hoenderborsies in dun skyfies, voeg dit by die avokado en sit dit eenkant. 2. Die kat se snorbaard. Verhit die room in ’n kastrol tot kookpunt en geur dit met sout en swartpeper. 3. Amper daar… Roer die room deur die gaar spaghetti. Dan volg die hoender en die avokado. Geur dit met ekstra sout en swartpeper, indien nodig. Roer die pietersielie deur en sit dit voor.
Comments