Veelsydige lasagne
- Poplap se Lekkerbek resepte
- Dec 29, 2015
- 1 min read

1 hoeveelheid (sowat 500 g) lasagnevelle 30 ml olyfolie 500 g maer beesmaalvleis 2 middelslag uie, grofgekap 2 knoffelhuisies, fyngedruk 410 g-blik gekapte, geskilde tamaties 30 ml (1 pakkie) tamatiepasta 5 ml suiker 15 ml gemengde, gekapte vars kruie. of 5 ml droë, plus ekstra vir oorsprinkel sout en varsgemaalde swartpeper na smaak Kaassous: 60 g botter of margarien 60 ml (35g) Snowflake-koekmeel 625 ml melk 375 (150 g) gerasperde cheddarkaas sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 1. Bring soutwater tot kookpunt in ‘n swart swaarboomkastrol. Voeg pasta by en laat 3-5 minute kook. Dreineer en hou eenkant. 2. Verhit olie in ‘n swaarboomkastrol en braai maalvleis tot dit verkleur. Voeg uie en knoffel by en soteer ‘n paar minute tot sag. 3. Voeg tamaties, pasta, suiker, kruie en geurmiddels by. Laat sowat 5 minute prut. Verwyder van hitte en hou eenkant. 4. Sous: Smelt botter in ‘n medium swaarboomkastrol. Voeg meel en roer by en roer 1 minuut oor lae hitte. Voeg melk by en kook oor matige hitte; klop voortdurend tot sous glad is en verdik het. Verwyder van hitte en voeg kaas en geurmiddels by. Laat effens afkoel. 5. Skep ‘n bietjie maalvleismengsel in ‘n groot oondvaste bak. Pak die helfte van die pastavelle, maalvleismengsel en kaassous bo-op. Herhaal lae en eindig met die kaassous. 6. Bak 30-40 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180°C. Sprinkel kruie oor en bedien. Variasie: Vegetariese Lasagne: Vervang maalvleis met 250 g gekapte vars spinasie en 125 g gesnyde knopiesampioene , of met 250 g botterskorsie, pampoen, broccoli of murgpampoentjie s, in kleiner stukkies gesny en liggies saam uie gebraai.
Kommentare