top of page

✞  ✞  ✞ GOED DOEN ✞  ✞  ✞

  • Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Jan 11, 2016
  • 2 min read

. “En die Koning sal hulle antwoord: Vir sover julle dit aan een van geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen” Matteus 25: 36 . Op 50-jarige ouderdom het die Russiese ro¬man¬skrywer, Leo Tolstoy, ‘n besondere belang¬stel¬ling in geestelike dinge begin ontwikkel. Hy het die Evangelies ernstig begin bestudeer. Ongeluk¬kig het hy meer verwerp as wat hy aan¬vaar het. Ge¬loof in wonderwerke het hy afgemaak. Die god¬heid van Christus, dat God ’n persoon is en die weg van verlossing, het hy verwerp. Vir hom was Christenskap niks meer as liefdadigheid en goeie werke nie. Hieroor het hy pragtig geskryf. Hy het ’n verhaal geskryf, wat vir ons wat in Christus glo, meer beteken as wat dit vir homself beteken het. Hier is die storie wat hy geskryf het: . Een aand het Martin Avdeitch, ’n eenvoudige skoenmaker, oor sy Bybel ingesluimer. Hy verbeel hom hy hoor iemand sê: “Martin! Hou môre die straat dop. Ek kom jou besoek.” Oortuig daar¬¬van, Jesus gaan na Hom toe kom, begin hy die nuwe dag met op-gewondenheid. Elke voet¬stap by sy deur, laat hom vin¬nig opkyk. Maar al wat opdaag, is ’n bedelaar. Toe ’n verslonsde vrou met ’n baba in haar arms. Later ’n ouman wat honger is. Nog later ’n paar ander behoeftige mense. Met ’n jammer hart voorsien Martin, so goed hy kan, in elkeen se behoeftes. . Dit word aand en met teleurgestelde hart, maak hy sy sy deur toe. Jesus het toe nie ge¬kom nie. Hy sit sy bril op en maak sy Bybel oop. Hy maak die Bybel, soos hy dink, toe¬val¬lig, by Matteus 25 oop. Hy be¬gin sommer lees: “’Kom julle wat deur my Vader geseën is…want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee…’ Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘…wanneer?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Vir sover julle dit aan een van die ge¬ring¬stes…gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’” . Dit behoort een van die bekendste kenmerke van ’n Christen te wees, ander vind baat by sy Christenskap. Die goedheid, in die Here Jesus Christus se hart, soos Hy dit self op aarde uitgeleef het, vloei nou deur sy volgelinge se le¬wens, na an¬der toe.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page