Ekonomiese alles-in-een-pot
- Lekker Braai
- Jan 12, 2016
- 1 min read

30 ml (2 e) kookolie 30 g botter of margarien 2 kg stowevleis (vark, bees of skaap), in blokkies gesny 1 groot ui, grof gekap 5 ml (1 t) gemengde droë speserye 2 heel naeltjies 1 ml (¼ t) neutmuskaat 1 klein lourierblaar 1 ml (¼ t) droë tiemie 12 ml (2½ t) sout 5 ml (1 t) vars gemaalde swartpeper 30 ml (2 e) bruinasyn 500 ml (2 k) hoender- of vleisaftreksel, verhit 12 klein aartappeltjies, met skil 8 heel piekeluitjies, geskil 12 klein worteltjies, geskil Verhit die olie en die botter of margarien in ’n groot swartpot en braai die vleisblokkies ’n bietjie op ’n slag op warm kole tot bruin. Geur met sout en peper. Skep die gebraaide vleis uit. Braai die uie in dieselfde pot, voeg al die speserye, tiemie en sout by en roerbraai effens sodat die geur ontwikkel. Plaas die vleis terug in die pot bo-op die uimengsel. Meng die asyn en vleisaftreksel, voeg by en plaas die deksel op. Laat prut sowat 2 uur op stadige kole tot die vleis byna sag is. Plaas die aartappels, uitjies en wortels bo-op en laat nog 30 minute prut tot die groente net gaar, maar steeds effens bros is. Sit voor met brood, stywepap of stampmielies en bone.
Commentaires