KERRIE AFVAL
- Lekker Braai
- Jan 12, 2016
- 1 min read

2 SKOON afvalle, pens en pootjies Water Witasyn 500g skaap kookvleis 2 uie, grof gekap SOUS: 2 e matige Kerrie 1 e Masala 250ml Bruin asyn 250ml Suiker 250ml Water 1 t Allspice 1 t Koljander 1/2 t fyn naeltjies 1/2 kaneel 1/2 t gemmer 4 aartappels geskil en in groot blokkies gesny Laat die skoon afvalle oornag week in water en witasyn mengsel. 2 lt water en 500ml asyn. Sny die pens in repies van so 2cm. Pak pens en pootjies in groot casserole saam met die uie en skaapvleis. Meng al die bestanddele van die sous en giet oor. Meng deur. Maak toe en sit in oond op 150C vir 4 ure Sit aartappels by en bak verdere minimum van 1 en half uur voor ete. Hoe langer hoe beter. Verdik sous met Maizena net voor opdiening so dik soos jy dit wil he. Bedien met rys
Comments