Romerige aartappelgebak
- Lekker Braai
- Jan 12, 2016
- 1 min read

’n Heerlike aartappelgebak is ’n vullende bykos, of selfs ligte maaltyd, waarsonder ’n mens veral in die winter nie kan wees nie. Dit is lekker saam met braaivleis en saam met ’n ligte slaai is dit ’n ete op sy eie. Wissel die vars sampioene selfs af met seldery of murgpampoentjies. Cheddar is die gewildste kaas om te gebruik en gee ’n goeie kleur en geur aan ’n gereg soos dié. Vervang egter deur enige ander kaas van jou keuse, soos mozzarella, wat maklik smelt. Lewer 4 – 6 porsies 6 – 8 groot aartappels 45 ml (3 e) olyf- of kookolie 125 g swoerdlose spekvleis, in stukkies gesny 125 g knopiesampioene, in skywe gesny 60 g-pakkie sampioensoppoeier of wit uiesoppoeier 750 ml (3 k) melk gemaalde swartpeper na smaak 125 ml (½ k) gerasperde Cheddarkaas Metode 1. Skil die aartappels en kook tot sag, maar steeds ferm. Sny aartappels in skywe en pak die helfte in ’n laag in ’n groot, oondvaste bak. 2 . Verhit die olie en braai die spek en sampioene tot gaar en skep die helfte oor die aartappels. 3. Meng die soppoeier met melk in ’n swaarboomkastrol. Bring tot kookpunt en roer aanhoudend vir ’n paar minute tot dit begin verdik. Voeg peper by. 4. Giet die helfte van die sous oor die spek-en-sampioenlaag. Herhaal met die oorblywende aartappels, spek en sampioene en laastens die sous. 5. Sprinkel kaas bo-op. Bak vir 20 – 30 minute in ’n voorverhitte oond teen 180 °C of tot goudbruin bo-op.
Comments