Taai Lamsribbietjies
- Lekker Braai
- Jan 12, 2016
- 1 min read

800 g lamsribbetjies sout en vars gemaaldes swartpeper 80 g rooi slaaiuie, gekap 2 knoffelhuisies, gekap 1 brandrissie, gekap 125 ml (½ k) gekapte koljanderblare 45 ml (3 e) sesamolie 50 ml soet sojasous tamatie-en-komkommersalsa Sny die lamsribbetjie in individuele porsies. indien jy dit nie kan doen nie, vra die slagter om dit in klein porsies te sny. Geur met sout en peper en plaas in ’n glasbak. Meng die res van die bestanddele, behalwe die tamatie-enkomkommersalsa, en giet dit oor die ribbetjies. Marineer ten minste oornag. Braai die gemarineerde ribbetjies oor matige kole; verf dit met die marinade terwyl jy dit braai tot gaar en bros. Sit voor saam met tamatie-en komkommersalsa.
Σχόλια