top of page

✞ ✞ ✞ VERWAG BAIE ✞ ✞ ✞

  • Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Jan 12, 2016
  • 2 min read

. Ek sê vir julle: Vra en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word Lukas 11: 9 . Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die kapelaan van `n lugmageenheid, kapt. Johnson,sy vegeenheid vergesel op `n bomaanval op vyandelike eilande, etlike honderde kilometer ver van hulle basis af. Die aanval het goed afgeloop, maar met die terugkeer, begin hulle vlieg¬tuig hoogte verloor en die motore sny uit. Hulle maak `n veilige landing op `n vreemde eiland. Die vyand was in beheer van die eiland, maar die vliegtuig kon on¬gesiens land. Die bevelvoerende offisier kom na kapt. John¬son toe. “Chaplain, you have been telling us God answers prayer in time of trouble, and that He does it right away. We’re out of gas, base several hundred miles away – almost surrounded by the enemy.” . Dadelik weet kapt. Johnson wat van hom verwag word. Met toegewyde geloof begin hy dadelik bid. Met beloftes in die Bybel, oor gebedsverhoring, versterk hy sy geloof. Dit word nag, maar hy hou aan bid. Ongeveer tweeuur die oggend word die bevelvoerende offisier wakker en voel om na die waterkant toe te loop. Hy kom af op `n vlot wat op die strand uitgespoel het. Op die vlot is `n groot kan brandstof. `n Paar uur later was die afdeling veilig terug by hulle tuisbasis. . `n Latere ondersoek het aan die lig gebring dat die kaptein van `n Amerikaanse tenkskip, in `n deel van die oseaan wat vol vyandelike duikbote was, besluit het om van `n deel van sy brandstofvrag ontslae te raak. “To minimize the danger in case of torpedo hit, barrels were placed on barges and put adrift six hundred miles from where Johnson and the plane crew were forced down. God had navigated one of these barges through wind and current and beached it fifty steps from the stranded men.” . Soms antwoord God ons gebed langs natuurlike en begrypbare kanale, maar as dit nodig is doen God `n wonderwerk om sy kind te help. . “Weens die gedrang het Jesus vir sy dissipels gesê om vir Hom `n skuitjie reg te hou, sodat die mense Hom nie vertrap nie” Mark.3:9 `n Praktiese, verstaanbare reëling. . In `n ander situasie was `n wonderwerk nodig: “Die skuit was reeds `n paar kilometer van die kus af en is deur die golwe geteister…met dagbreek die vol-ende môre het Jesus op die see na hulle toe aangeloop gekom” Mat.14:24 . Bó menslike planne, red Jesus hulle uit hulle benardheid. Bid as u in die moeilikheid is. Die Here weet hóe om sy kinders se gebed te verhoor.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page