Dr. Chris se Voedingsryke Groente & Been Aftreksel
- Dr. Chris Pitzer
- Jan 13, 2016
- 1 min read

Beenaftreksel:
Jy benodig:
Twee handevol bene
3 x stingels seldery
3 x groot wortels
4 x medium uie
een groot handvol pietersielie
een groot handvol cilantro
een eetlepelvol gelatine
TWEE eetlepelsvol Apple Cider Vinegar - baie belangrik
Enige bene werk hoender of vis of bees maar regtig nie vark nie
So maak jy:
Was en verwerk die groente. Prut in 'n groot pot vir 3 ure. Giet deur 'n vergiettis en geniet die aftreksel.
Groente aftreksel:
Jy benodig:
2 bolle knoffel - skoongemaak en gekerf
20 takkies platblaar pietersielie
12 salieblare
10 takkies tiemie
4 lourierblare
1 teelepel himalaya pienk sout
1 teelepel heel peperkorrels
4 heel naeltjies
2 teelepels tamatie pasta
3 liter water
So maak jy:
Was en verwerk die groente. Prut in 'n groot pot vir 3 ure. Giet deur 'n vergiettis en geniet die aftreksel.
Groente aftreksel 2:
Jy benodig:
2 uie - gekerf 1 bossie seldery - gekerf 2 wortels - in ringe gesny 4 preie (leeks) - gekerf 1 bossie beetspinasie (swiss chard) - gekerf
2 bolle knoffel - skoongemaak en gekerf
So maak jy: Was en verwerk die groente. Prut in 'n groot pot vir 3 ure. Giet deur 'n vergiettis en geniet die aftreksel.
Comments