Gevulde Forel in Spenasieblare
- Lekker Braai
- Jan 12, 2016
- 1 min read

1.4 kg groot forel, skoongemaak 1 suurlemoen, in skywe gesny 100 g spinasieblare, gesnipper 10 kappertjiesade, fyngekap 100 g heel spinasieblare, aar verwyder brightlight spinasiestingels sout en peper, na smaak spinasiemayonnaise (sien ONTHOU-resep), vir opdiening Plaas suurlemoen, gesnipperde spinasie en kappertjiesaad in die buik van die vis. Bind die groot spinasieblare met tou om die vis vas. Bedek die kop en die stert met aluminiumfoelie. Sny die spinasiestingels in die lengte deur en plaas op ‘n groot stuk foelie. Plaas die vis op die stingels en maak liggies toe. Braai ongeveer 40 minute oor matige kole tot gaar. Bedien met spinasiemayonnaise.
Comments