Pap met 'n twist
- Lekker Braai
- Jan 13, 2016
- 1 min read

500 ml (2 k) mieliemeel 5 ml (1 t) olyfolie 2 uie, gekap 250 g spek, in stukkies gesny 250 g sampioene, gekap 175 g biltongroomkaas 125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak. Maak die mieliepap gaar volgens die aanwysings op die pak en laat afkoel. Verhit die olie in ’n pan en braai die uie en spek tot die spek bros is. Voeg die sampioene by en roerbraai tot gaar. Meng die roomkaas deur. Skep ’n laag pap in die bak, gevolg deur ’n laag sampioenmengsel. Herhaal tot alles op is en eindig met ’n paplaag. Sprinkel die kaas oor en bak sowat 20 minute tot die kaas gesmelt het.
Comments