VARK EN PYNAPPEL KEBABS
- Lekker Braai
- Jan 13, 2016
- 1 min read

Marinade 80 ml (¼ k) kanolaolie 30 ml (2 e) sojasous 15 ml (1 e) fyn gerasperde gemmerwortel 5 ml (1 t) fyn gekapte knoffel 2 ml (½ t) fyn gekapte groen brandrissie Kebabs 1 pynappel, geskil en in dik skywe gesny 1 kg varkfilet, in 5 cm-stukke gesny brandrissiesous vir voorsit As jy hout-sosatiestokkies gebruik, week dit vooraf in water sodat dit nie op die vuur aan die brand slaan nie Marinade Meng al die bestanddele vir die marinade. Kebabs Sny die pynappelskywe in helftes of kwarte. Ryg die vleis en pynappel op sosatiestokkies en giet die marinade oor. Laat 2 uur marineer. Braai sowat 20 minute op warm kole tot net gaar, maar nie droog nie. Draai gereeld. Meng die oorskietmarinade met ’n bietjie brandrissiesous en laat goed kook. Sit voor saam met die kebabs.
Comments