top of page

Volstruis-wellington

  • Lekker Braai
  • Jan 12, 2016
  • 2 min read

Dis wat jy gaan nodig kry: 1 groot volstruisfilet 500 g knopiesampioene 1 ui 8-10 velle Parma-ham 150 g koekmeel 325 ml (1⅓ k) melk 50 ml room 1 groot eier 1 pak (400 g) botter-skilferkorsdeeg 100 g botter 4 preie 1 bossie grasuie 30 g Cheddarkaas, gerasper 30 ml room 1 eier geklits saam met 15 ml (1 e) water Maak so: Sny die rande van die vleis as en verwerk saam met die room in ’n voedselverwerker tot glad. Verwyder en plaas in die yskas om ’n mousse te vorm. Verwerk die sampioene in ’n voedselverwerker tot dit soos broodkrummels lyk. Kap die ui. Sweet albei in ’n pan tot al die vloeistof verdamp het. Sit die filette in ’n warm pan en verseël alle kante van die vleis. Geur met sout en peper. Laat afkoel en verkoel in die yskas saam met die sampioene en mousse. Vir die pannekoeke: Meng die meel, eier en melk; geur. Verhit botter in ’n pan, maak dun pannekoeke en verkoel. Lê die pannekoeke neer op ’n dubbellaag kleefplastiek, genoeg om die vleis en ham in ’n laag te kan neersit. Lê die ham op die pannekoeke neer. Meng die sampioene en ui met die mousse en smeer oor die ham. Sit die vleis in die middel en rol die plastiek styf om ’n silindervorm te skep. Verkoel weer om dit in sy vorm te hou. Rol die deeg uit en verf die binnekant met die eiermengsel. Sit die silinder in die middel sonder om enige gapings te laat. Verf buiteom met die eiermengsel, sit oop ’n oondrak en verkoel weer. Laat 1 uur rus. Voorverhit die oond tot 220 °C en sit die wellington in die middel van die oond. Bak 25-30 minute tot die deeg goudkleurig is. Sny die preie in dun skywe en was. Kook 2 minute in water, dreineer en druk die ekstra water uit. Sit die room in ’n pan en kook. Voeg die preie by en herverhit. Voeg geurmiddels en kaas by, kap die grasuie en roer in. Verwyder die wellington en laat 5 minute staan. Sny die wellington in porsies en sit voor saam met die roompreie. Belangrik: In die meeste resepte kan vleis met volstruis vervang word. Die geheim is om dit nie oorgaar te maak nie. Omdat daar min vet in is, raak die vleis gou gaar, krimp min en raak baie gou droog. Om dit te voorkom moet die vleis so gou moontlik teen die warmste temperatuur moontlik gekook word. Die perfekte volstruisfilet of steak is pienk tot halfgaar, sappig en sag. Ideaal moet steak en filet medium-gaar voorgesit word. Gaar volstruisvleis gaan droog wees.

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page