top of page

Walters: Cotahuasi Nuus, Januarie 2016

  • Stephan & Corné Walters
  • Jan 13, 2016
  • 3 min read

Ons het baie gereis en vandat ons weg is uit Suid Afrika op 10 Nov het ons 5 verskillende lughawens gesien en was ons op 5 verskillende vlugte. In Brazil het ons opgeklim op pad na Lima toe en na 2 ure van wag op die vliegtuig moes ons weer afklim as gevolg van 'n meganiese fout. Toe ons uiteindelik in Lima aankom was een van die tasse nie daar nie en is 4 dae later in Brazil lughawe gevind en aangestuur Lima toe; net voordat ons na Arequipa moes vlieg.

Dit was alles baie uitputtend maar ons is so dankbaar om veilig terug te wees in die Canyon na so 'n lang onvoorsiene afwesigheid. Die rustigheid van Tomepampa het niks verander nie. Ons huis en erf, in chaos, het vir ons gewag asook die spinnekoppe, klein skerpioene, perdebye en ook al die baie opgewonde gelowiges. Een vroutjie het trane in haar oë gehad terwyl sy met ons gedeel het hoe swaar dit vir haar was om die nuus te hoor van Corné se gesondheid. 'n Ander gelowige vroutjie van Cotahuasi het vertel hoe hartseer sy was oor Corné en oor hoe sy 'n dringendheid gevoel het om 3 uur die oggende te bid. Wat 'n seën is dit om weer herenig te wees met die gelowiges en mense van die Canyon.

Vandat ons teruggekom het in die Canyon het Cordia heelwat vriende wat by haar kom kuier en speel. Tot ons verbasing het sy van die eerste oomblik af baie gemaklik met hulle in Spaans gesels, so asof sy nooit die Spaans-sprekende wêreld en Perú agtergelaat het nie. Dit was regtig opbouend vir ons om dit te sien en ook hoe sy weer vinnig tuis gevoel het.

Byeenkomste

Ons kon nie wag om weer saam met die gelowiges in die verskillende dorpies bymekaar te kom nie. In Huillac het ons krieket gespeel saam met die kindertjies, hierdie keer met 'n krieketkolf wat in Suid Afrika gekoop is. Corné het 'n baie spesiale tydjie met hulle spandeer terwyl hulle geleer het van 'Jesus ons Redder'. Na die volwassenes se Bybelstudie het hulle gevra of ons die volgende week asb. kon terugkom. Dit lyk na die tendens oral. In Locrohuancca het die gelowiges ook gevra of ons binnekort sou terugkeer om hulle asb. meer te leer. Dit is hierdie dinge wat ons laat besef dat daar 'n hongerte is na God se Woord en dat ons meer werkers nodig het. In Locrohuancca was daar vir meer as 6 maande geen prediker of iemand om hulle van God se Woord te leer nie. Ten spyte daarvan het hulle steeds getrou bymekaargekom en saam Bybel gelees, gesing en gebid. In die Canyon is dit 'n teken dat die gelowiges groei in hulle geloof.

Ons het 'n baie geseënde Kerstyd gehad in beide Tomepampa en Locrohuacca en kon 'n boodskap van hoop aan die gelowiges en kinders bring. Dit is baie noodsaaklik aangesien hulle 'n groot prys betaal vir hulle geloof en getrouheid aan Christus. Die hartseer saak van die Canyon is egter dat ons hierdie jaar, meer as enige ander jaar, gesien het hoe Kersfees 'n verskoning is om drank te misbruik. Dit was baie opsigtelik hoe Kersfees afgesonder word deur die plaaslike mense om op te hou werk in die lande en van die oggend tot die aand rond te loop met bierbottels en glase chicha (tuisgemaakte mieliebier) in die hand.

Ons het ook 'n groot Kersgeskenk gekry: na 14 dae sonder 'n badkamer (geen toilet of stort) het ons 2 dae voor Kersfees weer die volle gebruik daarvan teruggekry na verbrekings en verbouings. J

Bid asb ernstig saam met ons:

Vir Stephan se "carnet" (Peruviaanse residensie dokument): dat daar geen verdere oppenhoud sal wees nie en dat dit vinnig en sonder verdere probleme uitgereik sal word. Prys die Here dat Corné se "carnet" reeds goedgekeur is.

Vir die krisis rakende die vallende Rand teenoor die Amerikaanse dollar en die ernstige implikasies wat dit het op ons maandelikse ondersteuning

Vir ons gesondheid as 'n gesin

Baie dankie vir U getroue ondersteuning van hierdie bediening en vir die saamstaan in gebed

Skryf asb. vir ons by stephan.walters@sim.org indien daar enige vrae is of gebedsversoeke sodat ons ook vir U mag bid

Verder, broeders, bid vir ons dat die woord van die Here sy snelle loop mag hê en verheerlik word net soos by julle; 2 Thessalonians 3:1

Liefde van Stephan, Corné, Cordia(4) & Estian(2)

Bankbesonderhede: Standard Bank,

Blue Route Tak,

Takkode 025 609

Rekening Naam: SIM Southern Africa,

Rekening Nommer 072 877 014

VIR VERWYSING OP INBETALINGSSTROKIE: “Donateur se naam of van / Walters / Support

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page