top of page

✞ ✞ ✞ IS HY DIT WERD? ✞ ✞ ✞

  • Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Jan 14, 2016
  • 2 min read

. “…sy (kry) hom jammer en dink: dit is seker een van die Hebreeuse seuntjies…” Eksodus 2: 6 . In die jare toe die gerief van motors en goeie paaie nog nie bestaan het nie, sit ’n dokter een aand in Engeland voor sy brandende kaggel. Dis koud en buite val die reën. Hy is dankbaar hy hoef nie in die donker, koue, nat aand na ’n sieke toe uit te gaan nie. Skaars het hy hom aan die warmte en sy lekker gedagtes oorgegee, of daar is ’n klop aan sy deur. ’n Arm weduwee wat vyf myl in die gietende reën gestap het, staan bewende voor die deur. . “My klein Davie is baie siek. Help my asseblief!” . Gedagtes skiet deur die dokter se gemoed. Is dit werd om so ’n nag te trotseer om ’n kind, vir wie daar tog net armoede en ellende wag, se lewe te red? Hy weet ook die vrou het nie die geld om hom vir sy dienste te betaal nie. . Sy pligsbewussyn, sy liefde vir kinders, en sy eerbied vir God, wat hom geroep het om sy medemens te dien, wen op die ou end. Met sy jas aan, tas in die een hand en ’n lantern in die ander hand, stap hy met haar saam. . Onder sy bekwame hande en met die medisyne tot sy beskikking, red hy die aand klein David se lewe. . Die kind het opgegroei om die staatsman David Lloyd George te word. . As die dokter nog gelewe het, en hy het terug gekyk na daardie aand, sou hy jare later vir homself kon sê: “Ek sou nooit kon droom dat ek daardie aand, deur die arm kind se lewe te red, Engeland se toekomstige eerste minister se lewe gered nie.” . Die voor die handliggende waarde van ’n saak is baie bedrieglik. Hoe oordeel ’n mens wat ’n saak se waarde is? Ons kan bid vir wysheid. “…die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg” Jak.3:17 . Dit is veilig om met so ’n gesindheid ’n saak te oorweeg. Ons kan liewer na die posistiewe kant toe fout maak as om later te weet ons het gefaal. . . ✞ Hemelse Telefoon: Here, ek vra vandag u leiding in elke saak waaroor ek moet besluit.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page