Knoffel-en-heuning-varknek met vanieljepatats
- Melissa Pecoraro
- Jan 15, 2016
- 1 min read

Die kombinasie van knoffel, vark, patat en vanielje is iets wat jy beslis moet probeer! Jy sal dalk meer melk gebruik as jou patats baie groot is.
Genoeg vir 2 Gaarmaaktyd: sowat 15 minute
2 middelslag-patats, geskil en in klein blokkies gesny 500 ml melk 15 ml vanieljegeursel 60 g botter 2 knoffelhuisies, fyngekap 30 ml heuning paar takkies tiemie 15 ml olyfolie 2 – 4 varknek-steaks sout en varsgemaalde swartpeper
Kook die patats tot sag in die melk, verpulp tot fyn en voeg vanielje by. As dit te dik is, kan jy warm melk byvoeg. Terwyl die patats kook, maak knoffelbotter: Smelt botter, knoffel, heuning en tiemie saam in mikrogolfoond. Verhit nou ’n pan met olyfolie en geur varknek-steaks met sout en peper. Braai steaks in olyfolie tot so gaar soos jy verkies terwyl jy hulle met heuning-botter smeer. Sit voor met vanieljepatats.
Comments