top of page

Kruie en Speserye

  • Mieliestronk
  • Jan 15, 2016
  • 3 min read

EKSOTIES en geurig kan dit wees; soms pikant, partykeer getemper. Maar vir die meeste mense is die nederige speserye in die kombuiskas niks meer as prikkelende geurmiddels wat kos smaakliker maak nie. Daar was ’n tyd toe dit egter ’n heeltemal ander storie was: daar is gemoor en oorlog gemaak oor hierdie kosbare verbruiksartikel. Ook die koningin van Skeba en haar gevolg het Salomo in Jerusalem kom besoek... met “kamele wat belaai was met kosbare kruie en ’n groot hoeveelheid goud en edelstene”. Niemand sal vandag werklik kruie en speserye in dieselfde asem wil noem as goud en silwer en juwele nie, maar lank ná Salomo se tyd sou mense nog selfs die wapens opneem vir dié gesogte geurmiddels in hul kos. Trouens, vir die naeltjies, gemmer, peper en vanielje, byvoorbeeld, wat ons as so vanselfsprekend beskou, het seevaarders lang en uitputtende reise onderneem en dikwels hul lewe gewaag—en dit baiemaal verloor.

Uit die lande waar die speseryplante gekweek is of wild gegroei het, het hulle hul kosbare vragte gebring. Een gevolg van die speseryhandel was die ontdekking van die seeweg na die Ooste en die stigting in 1652 van die verversingspos aan die Kaap. En watter gevolge het dít nie vir Suid-Afrika gehad nie! Die gewoonte om sterk kruie en speserye te gebruik om smaak aan kos te gee, is waarskynlik net so oud soos die kookkuns self. Maar wat is speserye eintlik? Waar kom dit vandaan? Vandag kan elkeen wat sy eie tuin het, verskillende soorte speserye of kruie kweek om in sy eie behoeftes te voorsien, maar in die Middeleeue het feitlik al die speserye uit die Ooste gekom. Speserye kom van verskillende dele van speseryplante—die saad, die wortels, die bas, die bessies. Baie van die bekendste soorte speserye—peper, kaneel, gemmer, neutmuskaat, vanielje, rissies en piment—is inheems in die warm, nat, tropiese dele van Asië, veral die Molukke, wat eenmaal die Speserye-eilande genoem is.

Die droër Mediterreense bekken produseer weer baie aromatiese sade—koljander, fenegriek, vinkel, papawer en mosterd—terwyl die koeler Europese en Noord-Asiatiese streke karwy, dille en jenewerbessies lewer. Baie eeue lank het vlote handelskepe en karavane van eers esels en later kamele die 15 000 km lange netwerk van see- en landweë van die Speseryroete tussen die Ooste en Weste deurkruis. Maklik was dit nie. Die reis het tot twee jaar geduur, met elke denkbare gevaar en probleem onderweg. Die speserye moes deur die hande van talle kopers en verkopers gaan, wat elkeen sy wins bygelas het. Oral langs die roete moes tol en belastings betaal word. Teen die tyd dat die speserye in Europa aangekom het, was dit skrikwekkend duur. En tog het dit in aanvraag gebly.

Die vroegste gebruike van speserye was om kos te geur, kleur, sag te maak en te preserveer. Aanvanklik moes dit die smaak van ou kos verdoesel, maar later het baie mense, veral die Romeine, geweier om vis of vleis te eet wat nie behoorlik gegeur was nie. Duisende jare lank was speserye ook die basis van baie soorte medisyne. Die speseryhandelaars het trouens uiteindelik die eerste aptekers geword. Speserye was belangrike bestanddele van baie soorte parfuum, seep en kosmetiekware. Verbrand as wierook, het dit ’n rol in godsdienstige en magiese rituele gespeel. Die ou Egiptenare het speserye gebruik om hul mummies te parfumeer en te help preserveer. Verskeie soorte speserye is ook gebruik om klere te kleur. Dit is nie moeilik om te begryp waarom al wat leef en beef so lank en so geesdriftig agter die wêreld se kruie aangekruie het nie. En hulle doen dit steeds!

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page