top of page

8 redes hoekom jou toebie pap geraak het

  • Goeie Huishouding
  • Jan 16, 2016
  • 2 min read

Geen piekniek, pouse of etenstyd is dieselfde sonder ’n toebroodjie nie. En wanneer jy op ’n toebie staatmaak om jou energie te gee, is ’n deurweekte broodjie darem nie lekker nie. Ma’s, kinders en liefhebbers van toebroodjies, kyk hier! Ons het vir jou getoetste, beproefde wenke vir vars, heerlike toebroodjies.

1. Waterige groente: Groente maak ’n toebroodjie krakerig en gee dit kleur, maar is dikwels waterig en kan jou brood deurweek Sny jou groente – soos piekels, tamatie of komkommer – op en pak die skyfies dan op handdoekpapier voordat jy jou toebroodjie maak. Die handdoekpapier sal die oortollige water absorbeer sodat dit nie in jou brood insyfer nie.

2. Los die sout: Moenie skyfies groente met sout geur voordat jy jou toebroodjie maak nie – sout onttrek vog uit groente en dit sal die brood pap maak.

3. Kies jou lae reg: Kouevleise is ’n goeie manier om ’n “versperring” tussen die brood en die vulsel te vorm. Plaas ’n dun snytjie ham op elke sny brood om die souse en vulsel binne te hou. Skyfies kaas en blaarslaai sal ook werk.

4. Sousgeheim: As jy ’n souserige toebroodjie vir middagete op kantoor wíl hê, neem jou sous (soos mosterd, tamatiesous of mayonnaise) in ’n lein houertjie saam en sit dit op net voordat jy gaan eet. Dit sal jou toebroodjie vars hou.

5. Supersagte brood: As jy dit liggies rooster, sal dit jou toebroodjie heeldag lank kraakvars hou.

6. Waterige blaarslaai: Nadat jy die blaarslaai afgespoel het, maak dit behoorlik droog in ’n slaaispinner of met ’n stuk handdoekpapier.

7. Warm vulsel: Gebruik die vulsel net so uit die yskas, nie by kamertemperatuur nie. Warm bestanddele stel vog vry wat in die brood intrek.

8. Te veel bestanddele: Pak die verskillende elemente van jou toebroodjie in afsonderlike herseëlbare sakkies en maak dan jou toebroodjie net voordat jy dit eet.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page