Eisbein in bier met mosterdsous
- Suidwesters Maak Kos
- Jan 16, 2016
- 1 min read

Genoeg vir 4 mense Bereiding 20 minute Gaarmaaktyd 2 uur
EISBEIN 4 eisbeine (gerookte, gepekelde varkskenkels), kepies in die swoerd gesny 1 ui of prei, in skywe gesny 1 wortel, in stukke gesny ’n takkie elk vars kruie soos roosmaryn, tiemie en pietersielie paar knoffelhuisies, geskil 1-2 blikke bier
SMEERSEL 80 ml (¹⁄³ k) appelkooskonfyt 15 ml (1 e) aangemaakte mosterd
MOSTERDSOUS 45-60 ml (3-4 e) heelkorrelmosterd 125 ml (½ k) mayonnaise 125 ml (½ k) natuurlike jogurt 15 ml (1 e) suiker sout en peper na smaak
Eisbein Plaas die vleis saammet die ui of prei, wortel, kruie en knoffel in ’n groot kastrol en giet die bier by. Laat kook, verlaag die hitte en laat sowat1¾uur prut tot die vleis sag is.
Smeersel Meng die appelkooskonfyt en mosterd en smeer oor die eisbeinswoerd. Braai sowat 15 minute op warm kole tot die smeersel effens gekaramelliseer het en die swoerd effens bros is. Sous Meng al die bestanddele vir die mosterdsous.
Sit die eisbein voor saam met die mosterdsous, sauerkraut (Duitse suurkool), aartappelslaai en bier.
Comentarios