✞ ✞ DIE STUKKENDE BAROMETER ✞ ✞
- Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
- Jan 19, 2016
- 2 min read
. “Here, wie het geglo wat ons gehoor het? En aan wie is die mag van die Here geopenbaar?” Johannes 12: 38 . ʼn Man van Long Island het ʼn barometer per pos bestel. By ontvangs daarvan was hy baie ontevrede. Dit was stukkend. Die naald het op dié mooiweersdag, onversetlik vasgesteek by ORKAAN. Hy het dit `ʼn paar keer hard geskud, maar die naald het bly steek. Hy het vir die firma, wat dit verskaf het, n brander geskryf oor hulle swak produk. Die volgende oggend, op pad na sy kantoor toe in die stad, het hy die brief, saam met die barometer, vir hulle gepos. . Die aand toe hy by sy huis terug kom, kon hy sy oë nie glo nie. Sy huis was plat gewaai. `n Hewige orkaan het oor die gebied getrek. Die barometer was nie stukkend nie, maar het kragte in ʼn hoër atmosfeer as die wolkelose, blou lug wat hy met sy oë kon sien, vertolk. Uit onkunde en tot sy skade, het hy die akkurate barometer nie vertrou nie en die tydige waarskuwing nie geglo en hom daarop voorberei nie. . Die Woord van God is ons barometer. Die Bybel vertolk ook kragte in die hoër atmosfeer, die ewigheid, wat ons met ons menslike waarneming nie raaksien en begryp nie. Beloftes en waar¬sku-wings oor die ewigheid word in mensetaal in die Bybel aan ons oorgedra. Baie van daardie beloftes en waarskuwings ken ons goed. . Glo en aanvaar ons dit, of ignoreer ons God se Woord aan ons? . Die volk het geweier om daarop ag te slaan … hulle het hulle soos die hardste klip gehou en wou nie luister na… die boodskap wat die Here die Al¬mag¬tige deur sy Gees gestuur het nie Sag.7:12 . In sy Woord roep God ons na Hom toe. Hy maak sy liefde aan ons bekend en wil ons deur sy groot verlossing in die Here Jesus Christus red. . Gelukkig as ons al geluister het en die boodskap geglo het. . As ons nog nie geluister en geglo en gered is nie......? . “As die evangelie wat ons verkondig, tog nog … bedek is, is dit bedek net vir dié wat verlore gaan … wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie” 2 Kor.4:3,4
Commentaires