top of page

✞ ✞ ✞ KYK NET OP ✞ ✞ ✞

  • Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Jan 19, 2016
  • 2 min read

. “Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink…” Matteus 14: 30 . “Klim!” beveel die kaptein die jong matroos. Hy begin dapper teen die maspaal opklouter. Hoe hoër hy klim hoe lighoofdiger word hy. . “Ek gaan val!” skreeu hy terwyl hy op die wiegende dek afkyk. . “Kyk op na die vlag, Seun, kyk op na die vlag!” roep sy kaptein bemoedigend na hom. . Die jong matroos kyk dadelik op en hou sy oë op die vlag en klim veilig tot bo. . Ons is geneig om af te kyk na ons moeilikhede toe en dan faal ons geloof. . Dit is die fout wat Petrus gemaak het. Hy het wonderlik goed op die skuimende branders geloop, terwyl hy sy oë op Jesus gehou het. Hy maak die fout en neem sy oë weg van Jesus af en kyk na die wilde branders om hom. Hy luister na die loei¬ende wind en voel dit teen sy liggaam. Hy begin dadelik sink. . Dit verg nie veel bestudering van ons probleme om kleingeloof en vrees ’n vastrapplek te gee nie. Ons omstandighede inspireer nie geloof nie. . Geloof ontspring wanneer ons God se beloftes ter harte neem, Jesus in gedagte hou, sy krag, getrouheid, liefde en nabyheid betrag en doelbewus wegkyk, van die omstandighede of ervaringe af, wat ons ge¬loof ondermyn. Ongeloof maak ons moeilikhede onmoontlik groot. Naas God lyk ons probleme klein. Vrees vlug wanneer geloof opstaan. . Die ongelowige verspieders het in Kanaän reuse gesien. “Ons het daar ook die reuse gesien…ons was soos sprinkane in ons eie oë…” Num.13:33 . Vir Josua en Kaleb se geloofsoë het dieselfde reuse klein gelyk: . “Moet ook nie vir die mense van die land bang wees nie, want ons sal hulle maklik verslaan…Die Here is by ons. Moenie vir hulle bang wees nie” Num 34: 9 . .As jy wil vrees, kyk na jou moeilikhede. . As jy wil glo, kyk na God!

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page