top of page

✞ ✞ ✞ MA SE LAT BEREIK SY HART ✞ ✞ ✞

  • Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Jan 20, 2016
  • 2 min read

. “Dit was as gevolg van ons misdade en ons skuld dat hy deurboor en met geweld doodgemaak is … omdat Hy stukkend geslaan is, kan ons gesond word” Jesaja 53: 5

. Die Sjinese evangelis, Leland Wang, het deur sy ma se lat, die betekenis van Christus se dood aan die kruis vir ons leer ken. Toe hy ’n klein seuntjie was, was hy eendag uitermate stout en ongehoorsaam. Sy ma, lat in die hand, roep hom nader om sy straf vir sy stoutigheid te kry. Hy lag net vir haar en bly buite die bereik van haar grypende hand. Toe sy hom probeer vang, hardloop die ratse en lewendige seuntjie tergende vir haar weg. Sy gaan staan en sê hardop: “Ek gaan myself nou vir sy stoutigheid slaan.” Sy begin haar kaal arm hard met die lat slaan. Geskok gaan hy staan en hardloop terug na sy ma toe. Hy gooi homself in haar arms en pleit sy moet ophou om haarself te slaan. “Slaan my!” skreeu hy. “Slaan my! Ek was stout! Ek weet ek was stout!” . Sy skud haar kop terwyl hy en sy na haar arm kyk waar die riwwe van die harde houe lê. “Jou stoutigheid is klaar gestraf,” sê sy met trane in haar oë. Terwyl sy hom teen haar vasdruk, vervolg sy: “Ek sal mos nie jou óók nou slaan nie.” . In later jare toe hy die evangelie van die Here Jesus gehoor het, hierdie insident hom gehelp om Christus se straf, in ons plek, te verstaan. . Ons daaglikse lewe is vol voorbeelde van iemand wat self onskuldig is, maar ’n ander een se skuld en straf dra om die ander persoon vry te laat uitgaan. Die evangelie van die Here Jesus is ’n menslike verhaal wat uit ons daaglikse ervaringe verstaan kan word. . Christus het ook eenmaal vir die sondes gely om ons tot God te bring, Hy die Regverdige vir die onregverdiges…” 1 Pet.3: 18

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page