top of page

MAAK QUAIL AU VIN

  • Vrouekeur
  • Jan 22, 2016
  • 2 min read

Bestanddele 3 heel kwartels, in bytgrootte porsies gesny deur jou slagter (of jy kan dit maklik self tuis doen). Hou die karkasse eenkant vir die aftreksel 1 ui, 1 wortel en 6 heel swartpeperkorrels (vir die aftreksel) 150 g pancetta 30 g botter 2 medium-groot uie, geskil en grof opgekap 1 groot wortel, grof opgekap 2 selderystingels, deeglik gewas en grof opgekap 2 knoffelhuisies, geskil en in dun skyfies gesny 2 eetlepels meelblom 2 eetlepels konjak 1 bottel 2011 Zonnebloem Merlot 4 tot 5 klein takkies tiemie 3 lourierblare 40 g ekstra botter 12 klein snoepuitjies (of salotte), geskil en in kwarte gesny 200 g klein sampioene

Metode Plaas die kwartelkarkasse in ’n diep pan, bedek met water, voeg die ui, wortel en ses heel peperkorrels by en bring tot kookpunt. Verminder die hitte en laat prut tot jy dit benodig.

Sny intussen die pancetta in kort repe. Plaas dit met die botter in ’n dikboomkastrol en kook stadig oor matige hitte. Roer van tyd tot tyd (dit moenie aanbrand nie). Wanneer goudkleurig, verwyder dit en plaas dit in ’n bak, maar laat die vet in die kastrol.

Sout en peper die kwartel na smaak en plaas dit in die warm vet in die kastrol. Draai die stukkies om wanneer die vel goudkleurig raak. Sorg dat die vel nie brand nie (dis baie belangrik vir die dis se finale geure). Wanneer jy tevrede is met die kleur van die vleis, verwyder die kwartelstukkies en plaas in die bak saam met die pancetta.

Plaas die uie en wortel in die kastrol en kook stadig totdat die uie deurskynend is en van die sap weggekook het. Roer af en toe. Voeg die knoffel by. Plaas die kwartelstukkies en die pancetta terug in die kastrol, roer die meel by en laat alles vir ’n minuut of twee kook voordat die konjak en wyn bygevoeg word.

Voeg die kruie by en skep lepels vol van die pruttende aftreksel by totdat die hele dis bedek is. Bring tot kookpunt en verminder onmiddellik die hitte sodat die sous saggies borrel. Bedek gedeeltelik met ’n deksel.

Smelt die bykomende botter in ’n klein braaipan. Voeg die klein, gesnyde uitjies by en dan die sampioene. Laat toe om te kook tot goudkleuring en voeg dan by die kastrol met sout en peper. Kyk na 40 minute hoe sag die kwartel is. Draai die hitte op en laat die sous verminder en verdik. Dit moet ’n glans hê. Garneer met pietersielie en bedien met brood om die sous mee op te vee.

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page