Dit is my geheim: Ek is 'n onderwater swembadkraak-mechanic
- Past. Lourens Groenewald
- Jan 22, 2016
- 2 min read

Pastoor Lourens Groenewald staan bekend as die "Streetwise Siele Mechanic", die "Street Preacher" en "Boemelaar-pastoor."
Pastoor Lourens Groenewald is egter ook 'n onderwater swembadkraak- mechanic.
"Die HERE het my uit my sokkies geseen, want daar is net 'n paar mense in Suid-Afrika wie swembadkrake onderwater kan herstel en ek is een van hulle, " vertel Lourens.
"Die geld wat ek verdien uit my CD-verkope en swembadbesigheid, gaan blaas ek op straat! Ek saai die fondse terug na hawelose boemelaars en honger mense in plakkerskampe. Daar is vir my geen grooter vreugde as om die blydskap op 'n kind se gesiggie te sien as jy vir hom kos gee nie!"
'n Swembad is die trotse fokuspunt in die tuin en die hart van die huishouding se sosiale lewe.
Wanneer daar skielik onooglike krake langs die kante en op die bodem van die swembad uitslaan soos varkmasels, klap dit die glimlag van jou bruingebrande gesig af en dryf jou na trane. Dadelik dink jy aan al die water wat nou weer vermors gaan moet word omdat jou swembad leeggetap moet word vir herstelwerk en daar is juis 'n funksie gereel vir eerskomende Saterdag!
Wag voordat jy die hare een vir een uit jou kop begin trek!
Daar is 'n oplossing.
"Ek herstel die krake vir jou onderwater. Dit is nie nodig om die swembad leeg te tap nie. Jy gaan nie vir weke met 'n lee swembad sit nie. Jou funksie eerskomende Saterdagaand gaan 'n reuse sukses wees!"
Past. Lourens toer deur die hele land met Deo Gloria Bediening en die kanse is baie goed dat hy binnekort in jou dorp gaan wees.
Kontak hom gerus met jou navrae:
+27 73 190 8581


Comments