LAGIES TERT
- Hoe maak ek
- Jan 24, 2016
- 1 min read

1 pakkie tennis beskuitjies 1 blikkie kondensmelk 250ml room 1 teel vanilla geursel ½ k suurlemoensap
Meng alles (behalwe die koekies) goed tot dik gladde mengsel. Pak tennis beskuitjies onder in’n bak en gooi mengsel oor, pak weer lagie tennis beskuitjies, weer lagie mengsel, voltooi tot alles klaar is. Verkoel vir ten minste 6 ure in yskas of verkieslik oornag. Jy kan dit versier deur bietjie krummeltjies van die tennis beskuitjies oor te strooi, Kan ook klapper oorstrooi, houertjie granadilla mousse oorsmeer, gerasperde sjokolade oor sprinkel, rasper lemoen of suurlemoenskil oor.
留言