Sannie Fouche se Suurlemoentert
- Rhona Peens
- Jan 23, 2016
- 1 min read

Die kors is:
110 g botter,
125 g suiker,
500 g klapper,
1 goedgeklopte eiergeel.
Vryf botter in klapper en suiker.
Bind met eiergeel.
Druk die helfte in 'n tertbord. smeer vulsel bo-oor.
Krummel ander helfte van kors bo-oor.
Bak 20 minute by 160 grade C.
Vulsel:
1 blikkie kondensmelk,
125 ml suurlemoensap,
gerasperde geel skil van die suurlemoen,
2 geklitste eiergele.
Meng al die bestanddele saam en smeer oor die kors.
Comments