top of page

✞ ✞ ✞ KANS VIR HOM  ✞ ✞ ✞

  • Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Jan 24, 2016
  • 2 min read

. Kom na My toe…Ek sal julle rus gee. Matteus 11: 28 . ’n Erg beseerde lugmagman is tydens Wêreld¬oorlog II van iewers uit Frankryk, na ’n hospitaal iewers in die Noorde van Engeland, geneem. Na die dokter sy wonde verbind het, sê die gewonde man vir die lugmagman in die ander bed: “Maat, jy kan ’n ou nie dalk met bietjie godsdiens help nie? Ek het groot geskrik, jy weet.” . “Jammer, jong,” antwoord die ander man, “ek sal nie kan nie. Maar elke Donderdag kom ’n vrou hierlangs met Bybels en traktaatjies, sy sal jou help.” “Dalk is ek Donderdag nie meer hier nie,” sê die eerste man. “Jy kan nie dalk vir my net iets sê nie?” . Die tweede een skud net die kop. . Na ’n rukkie sê die eerste man weer: “Ek het gelê en dink. Ek weet nie of dit in die Bybel is en of dit net ’n lied is nie, maar dis iets soos: Laat die kindertjies na my toe kom, want die koninkryk van die hemel is hulle s’n.” . “Ja, dis definitief in die Bybel,” antwoorde die tweede een. . “As Jesus Christus wou hê die kindertjies moes na Hom toe kom, dink jy Hy sal my darem ook vat? Ek het Hom baie nodig, jy weet. In elk geval ek gaan probeer en Hom vra.” Hiermee trek hy die laken oor sy kop. Die laken het nie weer afgekom nie. Sy liggaam is later net verwyder. . ’n Lugmagkapelaan vertel die storie op ’n dag vir ’n groep lugmagmanne in Kingston, Ontario. Na die samekoms kom vra een van die vlieëniers vir hom: “Eerwaarde, dink u daardie man het enige kans gehad?” Die kapelaan vertel in die storie, in die Prairie Pastor: “I replied. ‘No! He had no chance at all; he had an absolute certainty!’” . Jesus self het gesê: “Ek sal hom wat na My toe kom nooit verwerp nie…Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê..” Joh.6:37 & 40

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page