top of page

✞ ✞ ✞ ’N TYD VAN VEREFFENING ✞ ✞ ✞

  • Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Jan 24, 2016
  • 2 min read

. Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade … Romeine 2:6 . ‘n Man het soos volg aan sy koerant geskryf: “Ek het op Sondae geploeg, op Sondae geëg en gesaai, op Sondae watergelei, op Sondae geoes en op Sondae my graan weggery. My oes was die beste in die buurt en nog nooit het ek in Oktober so ‘n groot oes gehad nie.” . Die redakteur van die koerant was nie ‘n Christen nie en die korrespondent het verwag die koerant sou op een of ander manier met die Christelike geloof draaksteek. . Hy het net ‘n kort briefie van die koerant se redakteur ontvang met die woorde: “Ontvangs van u brief word erken, maar laat ons asb. toe om u daaraan te herinner dat God nie sy rekeninge in Oktober vereffen nie.” . Dit is ook die teregwysing in God se Woord: “Omdat die verkeerde daad nie meteens gestraf word nie, hou mense eenvoudig aan om verkeerd te doen. Pred.8:11 . As alle sondes dadelik gestraf wou word, sou die mense baie versigtig gewees het om nie iets verkeerd te doen nie. Maar nou doen mense die gruwelikste dinge en niks gebeur met hulle nie. Niks gebeur dadelik met hulle nie! Met uitdagende houding volhard hulle in hulle sonde. Die rekening word egter vorentoe vereffen. Dit is soos iemand wat op skuld koop en op skuld koop en op skuld koop, en niks gebeur nie. Maar op ‘n dag kom die rekening en dan die aanmaning en dan die dagvaarding. . “En ek het ‘n groot wit troon gesien en die Een wat daarop sit … en die boeke is oopgemaak … Die dooies is geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan volgens alles wat hulle gedoen het Openb.20:11 . Daar is ‘n rede waarom die vereffening van die sondaar se rekening by God tot die laaste uitgestel word. “… Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie; Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer 2 Pet. 3:9 . Dit is verstandig om die opgeloopte rekening by God, in herinnering te bring en hulp te soek, by die Een wat die rekening vir ons betaal het. . In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade Ef.1:7

Kommentare


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page