top of page

✞ ✞ ✞ ‘N SKOON HAND ✞ ✞ ✞

  • Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Jan 27, 2016
  • 3 min read

. ’Kom nou en laat ons die saak uitmaak,’ sê die Here: ‘al was julle sondes soos skarlaken, dit sal word soos sneeu… Jesaja 1:18 . ’n Fabel word vertel van ’n Indiese koning wat ’n dief die doodstraf opgelê het. Die dief het die tronkbewaarder geroep en vir hom gesê, hy het ’n groot geheim wat hy aan die koning wil oordra. Die koning is ingelig en hy het die oortreder na hom toe laat bring. Die man het onder groot geheimhouding vir die koning vertel, hy het ‘n saadjie wat bome laat groei wat goue vrugte dra. Deur gierigheid gedring, besluit die koning om ‘n maklike eksperiment te doen. Hy laat sy eerste minister, die burgemeester en sy priester kom. Hulle neem die man na ’n beskutte stuk grond toe en sê hy moet sy saadjie plant. Die dief roep ’n paar towerspreuke uit, haal ’n krummeltjie goud uit sy sak en sê: “Plant hierdie saadjie en ’n boom wat goue vrugte dra sal groei.” . Nou maar, plant dit dan,” sê die koning ongeduldig. . Net ’n hand onbevlek van enige oneerlikheid mag dit plant, anders word die towerkrag gebreek,” sê die man. “Diefstal het my hand vuil gemaak. Plant u Majesteit dit.” . Hy gee die stukkie goud vir die koning aan. Die koning hou die korreltjie goud onseker vas, toe sê hy: “As seun het ek uit my pa se laai geld geneem. Ek kan nie sê my hande is skoon nie. Ek dra dit oor aan my Eerste Minister. . Die Eerste Minister staan verleë met die stukkie goud in sy hand. Ek vorder belastings in. Miskien het ek al ietsie vir myself geneem. Ek gee dit liewer vir die burgemeester.” . “Nee!” skreeu die burgemeester en hou sy hande agter sy rug. “Onthou ek moet pensioene en salarisse uitbetaal en daar is baie versoekings. Gee dit liewer vir die priester.” . Die priester hou sy hande toe en draai weg. “Ont¬hou ek ontvang offergawes en belydenisgelde. Moontlik het ek al ietsie onwetend vir myself geneem.” . Na ’n rukkie van stilte sê die veroordeelde dief: “U Majesteit, ek dink dit sal vir die gemeenskap beter wees as ons alvyf gehang word, want lyk my nie een van ons is regtig eerlik nie.” . Verleë oor die ontmaskering van sy koninklike hof, maar tog ingenome met die dief se slim streek, gee die koning hom sy kwytskelding. . Dit is hoe die Here Jesus die Fariseërs se geveinsdheid ontmasker het toe hulle die vrou, wat op ’n daad van owerspel betrap is, na Hom toe gebring het om haar te veroordeel. “Laat die een van julle wat ’n skoon gewete het (‘sonder sonde is’), eerste ’n klip op haar gooi” Joh.8:7 . Net Jesus was sonder sonde. Só ’n ver¬losser het ons nodig! . “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees” 2 Kor.5:21 . Ons het sonde ge¬doen en die eis vir ingang in die hemel is sondeloosheid: “Niks onreins en…vals…sal ooit daarin kom nie,” Openb.21:27 . Hierdie hoë eis is nie ’n sondeloosheid, van iemand wat nooit sonde gedoen het nie, maar van iemand wie se sonde vergewe is. “…hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig…” Heb.9:14

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page