top of page

✞ ✞ ✞ ONLEESBAAR, MAAR WAAR ✞ ✞ ✞

  • Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Jan 28, 2016
  • 2 min read

. “… na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die… vernuwing deur die Heilige Gees … Dit is `n betroubare woord, en ek wil hê dat jy hierdie dinge beslis bevestig…” Titus 3: 5 – 8 . In `n vuil, rokerige streek, waar kleipotte gemaak word, het `n man met slegte lewensgewoontes gewoon. Hy kon nie lees of skryf nie man. Op `n dag, in `n opelugdiens van die Salvation Army, kom hy tot bekering. Sy veranderde lewe het getuig van die redding deur die Here Jesus Christus. Een oggend is hy na hulle diens toe, maar hy keer terug huistoe `n gebroke en ongelukkige man. Op sy vrou se verskrikte navraag oor wat nou met hom gebeur het, vertel hy haar dat almal die oggend in die diens rooi truie aangehad het, net hy nie. “Ag, dis geen probleem nie,” sê sy vrou verlig, “ek brei vir jou een vir volgende Sondag.” Trots en regop gaan hy die volgende Sondag oggenddiens toe in sy rooi trui. Maar weer kom hy gebroke en ongelukkig terug huistoe. “Wat is nou die probleem,” wil sy vrou angstig weet. Hy antwoord: “Almal het op hul rooi truie, met pragtige, groot wit letters, woorde gehad wat hulle vir mekaar gelees het. Net ek het nie `n enkele letter op my trui gehad nie.” Hy kan nie vir haar sê wat op elkeen se trui geskryf staan nie, want hy kan nie lees nie. Vir die vrou is dit hierdie keer ook `n probleem, want sy kan mos nie lees of skryf nie. Sy onthou, sy het in die afgelope week, oorkant die straat, by die ingang van `n groot winkel, `n bewonderde bord met groot wit letters gesien. Sy besluit om met wit lap die letters na te maak en reg te knip en op die trui vas te werk. So gedink, so gedaan. Dáárdie Sondag kom haar man met stralende gesig van die kerdiens af terug. “Weet jy, my skat, almal het om my kom staan en almal het gesê dis nou die mooiste en slimste woorde wat enigeen aan kon dink.” Bokant die winkel en nou op sy bors, het drie woorde gepryk: ONDER NUWE BESTUUR. . En dit is presies wat dit was. Hy was nie meer baas van sy lewe nie. Hy het aan Jesus oorgegee. Jesus Christus het nou sy lewe bestuur. Die tekens van die nuwe manier van lewe, onder Christus se heer¬skappy, het `n totaal ander manier van lewe geopenbaar. Wanneer Jesus die beheer van `n mens se lewe oorneem, word sy lewe anders, nuut, mooi. . “Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers, dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. Moenie julle lewe stel tot beskikking van sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julle self tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lewe as werktuie van geregtigheid in die diens van God.” Rom.6: 12 & 13

Commenti


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page