Bros visvingers met noedelroerbraai
- Tuis Tydskrif
- Jan 29, 2016
- 1 min read

• 400 g Chinese 2-minuut-noedels • 15 ml olie • 1 duim gemmer, fyngerasper • 1 rooi brandrissie, gekap • 2 wortels, in linte gesny • 1 klein kopkool, baie fyn gesny • 40 ml hoisinsous • 4 x 200 g-stukke ferm wit vis • 200 ml rysmeel • 10 ml Chinese 5-speserymengsel • 100 ml olie • vars lemmetjies 1 Kook die noedels, dreineer en spoel dit af in koue water. Verhit ’n wok of braaipan tot warm, gooi die 15 ml olie, gemmer, rissie, wortel en kool daarin en roerbraai vir 2 minute. Voeg die noedels en hoisinsous by en meng deur. Hou warm. 2 Sny die vis in vingers en rol dit in die meel en speserye. Verhit die 100 ml olie in ’n pan (of gebruik jou wok) en braai dit in sarsies tot goudbruin en gaar. Sit die vis bo-op die noedels voor met ’n sprinkel vars lemmetjiesap.
Comments