Outydse macaroni en kaas
- Poplap se Lekkerbek resepte
- Jan 5, 2016
- 1 min read

’n Goedvoel-gereg. Genoeg vir 6 Jy het nodig .500g macaroni .2e botter .2e meel .3k warm melk .1k gerasperde 12 maande beleë cheddar .2t mosterd .neutmuskaat, sout en peper na smaak .2 groot tamaties Metode Voorverhit die oond tot 180°C. Kook die macaroni in goed gesoute kookwater tot net gaar. Dreineer. Berei die witsous: Smelt die botter, gooi meel by en voeg die helfte van die warm melk by. Roer of klits totdat dit sonder klonte en verdik is. Voeg die helfte van die kaas by, dan die mosterd, en geur met neutmuskaat, sout en peper. Giet die kaassous oor die macaroni en roer dit goed deur. Smeer ’n bak met ’n bietjie botter, skep die macaronimengsel in en strooi die res van die kaas oor. Die dik snye tamatie word nou bo-op gerangskik. Sprinkel nog ’n bietjie sout en peper oor. Bak in die oond vir 15 tot 20 minute.
Comments