Blitsfrikkadelle In Tamatiesous Met Spaghetti
- Blitsaandete
- Jan 6, 2016
- 1 min read

Genoeg vir 4 Bestanddele: 30 ml (2 e) olyfolie 500 g geurige wors 5 ml (1 t) gekapte knoffel 1 ui, fyn gekap 200 g kersietamaties 1 x 410 g-blik heel tamaties 5 ml (1 t) bruinsuiker sout en gemaalde swartpeper hand vol pietersielie, gekap hand vol orego, gekap 400 g spaghetti, gaargemaak Verhit die olie in ’n braaipan. Sny die punt van die wors af en druk die vleis in bondeltjies uit in die warm olie en braai tot goudbruin en gaar. Haal die vleis uit en braai die ui en knoffel in dieselfde pan tot sag. Voeg die kersietamaties by en braai. Voeg die geblikte tamaties, bruinsuiker, pietersielie en orego by en geur met sout en peper. Verlaag die hitte en prut vir 10 min. Plaas die frikkadelle terug in die tamatiesous en verhit tot deurwarm. Sit voor op die spaghetti met ekstra vars oregoblaartjies.
Comments