top of page

BOERE SPAGHETTI BOLOGNAISE

  • Cecilia Bedser
  • Jan 6, 2016
  • 3 min read

Dit is Saterdagmiddag en ek wil Spaghetti bolognaise maak, maar daar is nie 'n manier om by die winkels te kom nie. Dus gaan geen een van my baie resepte vir bolognaisesous my help nie. Maar so maklik laat ek my nou ook nie afskrik nie. Daar is genoeg bestanddele in die koskas om 'n boere bolognaise mee te prakseer. Eerstens braai ek 500 g maalvleis tot al die korrels los van mekaar en dit mooi bruin is. TAMATIE, JOU LEKKER DING! Vervolgens rasper ek drie groterige tamaties en voeg dit by die maalvleis. Nou draai ek die hitte laag sodat die maalvleis stadig in die tamatiesous gaar smoor. O, ek hou tog so van die term, smoor! GEUR DIT, SUSSIE, GEUR DIT! Nou is dit tyd om die kruie en souse nader te haak. Een ding moet julle mooi verstaan, wanneer ek huiskos kook, is dit selde 'n exact science. DIS BOEREBOLOGNAISE DIE! So eerstens spuit ek 'n paar spuite worcestersous in. Ek skat dit is so om en by 15 ml. Darna 'n groot blob soet chilli sous. Hier moet julle maar eie oordeel gebruik, want ek is mal oor soet chilli sous en buitendien moet ek die tamaties se suurigheid teëwerk. GOOI DIE KNOFFEL, STOFFEL! In my yskas is een van hierdie bakkies met die crushed knoffel. Gelukkig is my huismense, soos ek, baie lief vir knoffel. Boonop is dit ook tyd om die laaste winterkieme 'n knoffeldood te laat sterf. So, ek hark sommer 'n vurk vol knoffel en voeg dit by die bolognaise brousel. VRYF HOM TOTDAT DIE TRANE ROL! By die gebruik van droë kruie is dit 'n goeie idee om die kruie tussen jou vingers te vryf en dan in die kos te strooi, Die wrywing tussen jou vingers laat die geur daarvan sterker na vore kom. Die kruie in hierdie geval is oregano en daarna ook 'n groterige knypie swart peper. Ek het nie die peper ook tussen my vingers gevryf nie ... Ek sê maar net ... Nou laat ek die sous verder stadig kook om al die geure te laat ontwikkel. DANKIE JULLE STAATMAKERS! Die maalvleis het nou lekker geurig gekook en die spaghetti is ook amper aldente. Volgende aan die beurt is daardie altyd-'n-staatmaker, 'n pakkie sampioenroomsoppoeier. Eers 'n knertsie water by die maalvleismengsel gooi en daarna strooi ek die soppoeier oor. Terwyl ek vinnig roer om klonte en aanbranding te voorkom, voeg ek bietjies-bietjies water by soos nodig om van die hele spulletjie 'n romerige sous te maak. DOEN DIE TONGTIPPIETOETS! Dit het tyd geword om die bolognaisesous te proe. Oeps! Behalwe dat ek nog geen sout bygevoeg het nie, kort daar beslis nog iets. Na so 'n bietjie wik-en-weeg, dam ek die soprak by en besluit op 'n pakkie bruinuiesop. Nou weer dieselfde proses soos met die sampioenroomsop; strooi die soppoeier oor en voeg bietjies-bietjies water by terwyl ek aanhou roer. Eindelik is ek tevrede met die smaak. Nou gou die spaghetti afspoel en dan meng ek die hele konkoksie. KAAS DIT EN GENIET DIT! Elkeen strooi vir hom/haarself 'n lekker klompie kaas oor hul bord kos en ... BON APPETIT! 'n LAASTE WOORDJIE: Die lekkerste hiervan is, al maak ek dit môre, of volgende week weer op min-of-meer hierdie selfde manier, sal dit nooit weer dieselfde soos vandag wees nie. Elke keer is dit 'n gereg met 'n ander unieke smaak!

Commentaires


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page