Gebakte Bolognaise.
- Chrissie Lekker Resepte
- Jan 6, 2016
- 1 min read

500 g maalvleis 1 ui, gekap 5 ml sout 5 ml chilli poeier, opsioneel 1 blik nierbone 300 g spaghetti 750 ml tamatiesap knippie peper 15 ml Worcestershiresous 250 ml kaas Braai die maalvleis in bietjie olie tot bruin, voeg die uie, sout, peper en chilli poeier by en kook tot die ui gaar is. Plaas die maalvleis in gesmeerde oondvaste bak. Skep die boontjies bo-oor. Breek die spaghetti in kleiner stukkies en gooi bo oor. Meng die tamatiesap en Worchesterhire sous saam en gooi die oor die spaghetti. Bak vir uur teen 180 C. Sprinkel die kaas bo oor en plaas terug in die oond tot die kaas gesmelt is..
Komentáře