top of page

Gebakte penne

  • Huisgenoot Digitaal
  • Jan 6, 2016
  • 1 min read

Genoeg vir 6 mense Bereiding: 15 minute Gaarmaaktyd: 40 minute 250 g maaskaas 2 eiers 375 ml (1½ k) parmesaankaas 400 g penne-pasta 30 ml (2 e) olie 5 knoffelhuisies, fyngemaal 1 blik (410 g) tamatiepuree 1 blik (410 g) gekapte tamaties 5 ml (1 t) suiker 5 ml (1 t) gemengde kruie 15 ml (1 e) droë basiel sout en peper 10 ml (2 t) meelblom 250 ml (1 k) melk 250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas Voorverhit die oond tot 180 °C. 1. Klits die maaskaas, eiers en 250 ml (1 k) van die parmesaankaas in ’n middelslag-bak. 2. Bring ’n pot water tot kookpunt oor hoë hitte. Voeg die pasta by en kook 5 minute of tot die pasta begin sag word, maar nie gaar is nie, terwyl jy af en toe roer. Dreineer en sit eenkant. 3. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte. Voeg die knoffel by en soteer 2 minute. Roer die tamatiepuree, gekapte tamaties, suiker, gemengde kruie en basiel in. Laat prut 10 minute of tot verdik. Geur met sout en peper en sit eenkant. 4. Roer die meelblom in die melk in. Verhit in ’n pot oor matige hitte en roer tot verdik. Voeg die maaskaasmengsel by die verdikte melk en voeg dan die kaassous by die tamatiesous met die helfte van die mozzarellakaas. 5. Roer die pasta in die sous in. Verdeel die mengsel in individuele oondvaste bakke en bedek met die oorblywende parmesaan- en mozzarellakaas. Bak ’n halfuur en geniet dit!

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page