HOENDER LASAGNE
- Geraldine Baba Klets
- Jan 6, 2016
- 1 min read

2 gaar hoenders – ontbeen en in stukke gesny Pak lasagna velle 2 gekapte uie 350 g knopies sampioene gekerf 2 gekapte groenrissies (geel rooi en groen) 2 geskilde gekapte tamaties 250 g gerasperde kaas 250 g streepspek – gesnipper 2 pakkies room van hoendersop aangemaak met 3 – 4 kop hoenderaftreksel 2 huisies knoffel gekap Sout, peper, kruie en mostert na smaak Braai spek, uie, groenrissie, sampioene en tamaties liggies. Roer aangemaakte sop by en kook goed deur, geur na smaak. Meng die vloeistof met die vleis. Laat deurkook. Begin deur bietjie hoender mengsel onder in ‘n oondvaste bak te sit, dan die velle, dan weer die hoender en weer die velle. Strooi kaas bo-oor en bietjie gakapte pietersielie of spruituie. Laat staan vir ongeveer 1 uur voor jy bak sodat die velle sag kan raak en die vog kan absorber. Bak by 180°C vir 45 minute. Jy kan opsioneel bietjie ertjies byvoeg of gemengde veggie mix – dit rek die gereg en almal kry sommer hulle groente ook in.Bedien met lekker broodrolletjies en mengelslaai
Comments