Kaserige sampioenlasagne
- Huisgenoot
- Jan 6, 2016
- 1 min read

100 g STORK BAKE 750 g gemengde sampioene, dun gesny 230 g gewone roomkaas sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 300 g lasagnevelle 300 g groot spinasieblare, gewas en gaar gestoom 125 ml (½ k) room 125 ml (½ k) gerasperde, verouderde cheddarkaas 200 ml gekrummelde fetakaas 60 ml (¼ k) gekrummelde bloukaas Smelt die STORK BAKE in ’n groot kastrol en braai die sampioene daarin tot gaar. Voeg die roomkaas by en verhit tot gesmelt en glad sonder dat dit begin kook. Verwyder van die hitte en geur met sout en peper. Smeer ’n oondvaste bak van 22 x 22 cm en gooi ’n dun lagie van die mengsel in die bak. Pak ’n laag lasagnevelle boop en gooi nog ’n lagie sampioenmengsel op die pasta. Pak ’n paar spinasieblare boop en drup ’n bietjie room oor. Pak nog ’n laag lasagnevelle bo-op. Herhaal die lae en eindig met die sampioene. Meng die kase en sprinkel oor. Drup die oorblywende room oor en laat 30 minute staan voor jy dit sowat 30 minute bak tot die kaas gesmelt is. Sit voor met ’n groen slaai.
Comentarios