top of page

Tannie Poppie se macaroni en boerewors gebak

  • Kreatiewe Kos Idees
  • Jan 6, 2016
  • 2 min read

1 pakkie boerewors 250 g repiespek, in blokkies gesny 400 g macaroni olyfolie 30 ml botter 60 ml koekmeel 480 ml melk sout en peper na smaak 1 kop cheddar kaas, gerasper EKSTRA cheddar kaas, gerasper vir bo-oor die gebak Braai die wors tot bruin en gaar in olyfolie, haal uit (sny stukkies) en sit eenkant. Braai die stukkies spek tot gaar, haal uit en sit eenkant. Kook die pasta tot gaar. Dreineer die pasta, voeg 'n bietjie olyfolie by, meng en sit eenkant. Voorverhit die oond tot 180 °C. MAAK DIE KAASSOUS Smelt die botter in 'n pot oor lae hitte. Verwyder die pot van die hitte en voeg die meel by, terwyl jy aanhou roer met 'n klitser. Dit moet min of meer soos broodkrummels lyk. Verwyder die pot van die hitte en voeg van die melk by, terwyl jy aanhou klits. Sit terug op die hitte en toets die tekstuur van die sous. Die sous is reg, wanneer dit die agterkant van 'n lepel bedek en as jy jou vinger daardeur trek en die sous kom nie weer bymekaar nie. Indien die sous nog te dik is, verwyder van die hitte en voeg meer melk by en klits. Hou aan met klits terwyl jy dit doen. Wanneer die sous die regte tekstuur is, laat dit oor 'n lae hitte prut tot die sous gaar is. Dus, tot jy nie meer die meel proe nie. Voeg die kaas by, en laat dit heeltemal smelt. Geur dan met sout en peper na smaak. . Meng die helfte van die sous saam met die macaroni, en spek. Skep die mengsel onder in die bak Pak die worsstukkies op die macaroni en spek mengsel Gooi die orige kaassous oor die gereg. Sprinkel die ekstra kaas oor en bak in die oond vir 20 minute of tot goudbruin en geset Deur: Resep: Carolie de Koster & Art of Cooking en Tannie Poppie (Kookkuns) My wenk: Gooi ertjies of gemengde veggie mix in om die gereg so 'n bietjie te rek. Blikkie sweetcorn of pitmielies in die gereg gaan ook heerlik wees.

댓글


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page