TIMMIE SE LEKKERBEK MACARONI
- Timothy De Vos Botha
- Jan 6, 2016
- 1 min read

Bestanddele: 1 pak macaroni 4 eiers 200 g cheddarkaas, gerasper 500 g maalvleis 3 uie, gekap 125 ml water 1 klein blikkie tamatiepuree 125 g botter sout 25 ml koekmeel 1 koppie melk Metode: Kook macaroni tot gaar in soutwater. Stel oond op 180 grade. Smeer oondbak met botter. Braai uie, voeg maalvleis en water by en kook totdat water verdamp. Voeg tamatiepuree en sout by. Meng een van die eiers en die helfte van die kaas by die gaar macaroni. Hou eenkant. Verhit die botter in 'n kastrol. Voeg die koekmeel by en roer goed. Voeg die melk by. Klits die 3 eiers en voeg dit by. Voeg die kaas by. Plaas die helfte van die macaroni onder in die oondbak, dan die helfte van die maalvleismengse l en herhaal. Voeg die eier en melkmengsel bo-oor. Sprinkel nog 'n bietjie kaas oor en bak in oond vir 30 minute
Comentários