Beesstertbredie
- Suidwesters Maak Kos
- Jan 8, 2016
- 1 min read

15ml margarien 2 uie (ringe gesny) 1.25kg Beesstert 6 middelslag aartappels (gehalveer) 125ml kookwater 30ml blatjang 30ml tamatiesous 30ml heuning 60ml asyn 10ml matige kerriepoeier 3ml swartpeper 5ml geuropwekker
Metode Smelt die margarien in ‘n drukpot sonder die deksel en braai die uie tot gaar. Voeg die vleis by en drukkook 50 min. Voeg die aartappels by. Meng al die ander bestanddele, behalwe die speserye en voeg by die vleis. Sprinkel laastens die speserye oor. Drukkook nog 15 min. Laat 20 min. sonder druk prut totdat die vleis en aartappels lekkker sag is. Sit warm voor met rys.
Comments