Bierbrood
- Suidwesters Maak Kos
- Jan 8, 2016
- 1 min read

500 g koekmeel 5 ml sout 340 ml bier 1 pak bruin uiesop Voorverhit die oond tot 180º C. Spuit ‘n broodpan met kleefwerende middel. Sif die meel en sout saam. Voeg die bier en sop by en meng goed. Skep in die bereide pan en bak sowat 1 uur lank. Laat afkoel en keer uit.
Variasies: # Spekvleis-bier-brood: 250 g spekvleis, fyn gekap 1 groen rissie, grof gekap en gesoteer tot sag 1 ui, fyn gekap en gesoteer tot sag # Mielie-bier-brood: 410 g heel pitmielies, gedreineer 100 g gerasperde kaas # Knoffel-bier-potbrood: 9 vars gekneusde knoffelhuisies, fyn gedruk 50 ml pietersielie, fyn gekap
Voeg die variasies se bestanddele by die basiese resep en bak soos deur die basiese resep beskryf.
Commentaires