Blikkiesbrood
- Suidwesters Maak Kos
- Jan 8, 2016
- 1 min read

Genoeg vir 6-8 mense Bereiding: 20 minute Gaarmaaktyd: 40-60 minute
1 kg gekoopte brooddeeg 50 ml tamatiepuree 50 ml mayonnaise 60 ml (¼ k) fyn appelkooskonfyt 125 g gaar spekvleis, in blokkies gesny 200 g fetakaas, gekrummel
Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit die blikkies baie goed met kossproei.
Bedek ’n werkoppervlak met meel en rol die deeg dun uit. Meng die tamatiepuree, mayonnaise, appelkooskonfyt, spek en kaas.
Smeer die mengsel oor die uitgerolde deeg en rol die deeg versigtig op. Sny in rolle van sowat 10 cm lank en plaas versigtig in die blikkies.
Laat 20-30 minute rys en bak 40-60 minute of tot gaar. Laat ’n paar minute staan en haal uit die blikkies. Sny in dik skywe en sit voor.
Comments