Galjoen braai reseppie
- Suidwesters Maak Kos
- Jan 8, 2016
- 1 min read

So in die Winter maande...Dan vang ons maar Galjoen. Sny hom daar teen die see so van die rugkant af oop, sit hom in die koelboks,
Daar hou mens stil en maak n vuurtjie....Braai n Galjoen, En wanneer die kole koud word, dan ry ons daai laaste 60km huis toe..
1 Galjoen 1 pakkie braai speserye Growwe swart peper.. en suurlemoensap
Braai eers die vleiskant totdat dit begin bruin word, smeer lekker botter en nog suurlemoensap oor,en braai nou die velkant....wanneer die borreltjies so deurkom, draai vir nog so 2 minute op die vleiskant en haal af.. Smeer nou broodjies met botter en Appelkooskonfyt, en geniet n sondowner
Comments