Gemsbok Fillet Gebraai
- Suidwesters Maak Kos
- Jan 8, 2016
- 1 min read

1,5kg Gemsbokfilet, vliese verwyder. Spekrepe om die vleis in toe te draai.
Marineer vir 24uur in: Draai gereeld om Suurlemoensap Olyfolie Knoffel Sojasous
Stop met: 3ml Olyfolie 30ml botter 500g Knopiesampione, gerasper 60ml sprietuie 120ml brandewyn 30g vars pietersielie gekap.
Verhit olyfolie en botter in `n pan. Soteer sampioene en sprietuie. Voeg brandewyn by en prut tot droog. Geur met pietersielie, vars gemaalde swartpeper en sout na smaak. Let wel: Reeds sojasous wat sout is gemarineer. Maak `n snit in die filet en stop met bogenoemde. Vryf in met bietjie vars gemaalde swartpeper. Draai in spek om en steek vas met sosatie stokkies. Rooster oor matige kole vir ongeveer 40min. Vleis moet net,net gaar wees
Comments