Hoe Om Jou Vleis Te Verouder By Die Huis
- Suidwesters Maak Kos
- Jan 8, 2016
- 1 min read

As jy al die voorreg gehad het om droë–verouderde vleis te eet, weet jy dat die smaak verskil fenomenaal is. Vir diegene wat nie altyd by die duurste van duur restaurante wil eet nie, maar steeds daardie kwaliteit vleis wil eet, hier is vir julle ʼn gids oor hoe om top kwaliteit vleis te bedien. En dit alles van die huis af en dit is ook n goedkoop alternatief.
Hoekom moet ek my vleis verouder? En hoekom moet ek dit droog doen?
Verouderde rooivleis word toegelaat om sekere ensieme vry te laat wat natuurlik in die vleis voorkom. Dit breek bietjie van die spierweefsel af en dit veroorsaak ʼn beter smaak asook tekstuur.
Meeste mense doen ʼn nat veroudering waar die vleis in ʼn geseëlde sak of plastiek toegedraai is, maar in blinde toetse doen die droë proses altyd beter in smaak asook tekstuur. Die vleis lyk ook (na die droë stukkies afgesny is) meer lokkend.
Hoe om jou vleis te verouder
Kry ʼn prima stuk rooivleis, verkieslik wild soos Eland of Koedoe. Haal die vleis uit die verpakking uit en spoel goed af. Droog die vleis ordentlik af met ʼn ou, skoon vaatdoek of papierdoeke.
Rol dan die vleis toe in kaasdoek en sit dit op ʼn afkoel rak in ʼn bak (vir enige bloed verlies om nie in die yskas in te loop nie)
Comments