MAROELABIER
- Suidwesters Maak Kos
- Jan 8, 2016
- 1 min read

1 liter ryp maroelas 10 liter lou water 1.6 kg wit suiker 150g rosyne 10g aktiewe droëgis 10 ml kremetart 10 ml wynsteensuur
Sny 'n kruis in elke maroela. Kneus die vruggies liggies en voeg die water en suiker by. Roer dit totdat al die suiker opgelos is.
Voeg die res van die bestanddele by. Giet mengsel in 'n plastiek emmer met 'n deksel en laat dit 24 uur lank gis. Syg die bier daarna deur en giet die filtraat in gesteriliseerde bottels.
Moenie die bottels te vol maak nie. Net soos met die gemmerbier, plaas 2 tot 3 rosyne in elke bottel en draai die doppe liggies vas. Laat die bier 'n dag of twee by kamertemperatuur gis voordat dit in die koelkas bewaar word.
Comments