Mushroom
- Suidwesters Maak Kos
- Jan 8, 2016
- 1 min read

Gooi twee eetlepels botter, ‘n teelepel lemon juice en ‘n teelepel crushed garlic in ‘n koppie en smelt die botter in die microwave (omtrent 30 sekondes, moenie laat die goed die hele microwave vol spat nie) Plaas die mushrooms in ‘n glasbak en skep so teelepel van die lemon garlic botter oor elkeen van die mushrooms uit. Daar behoort so 8 of 9 te wees en dit sal net genoeg wees, andersinns adjust maar die hoeveelhede. Onthou om die mushrooms eers af te spoel. Ek weet nie hoekom mens dit moet doen nie, maar my goose skel my altyd uit as ek dit nie doen nie. Skep nou ‘n teelepel room uit oor elke mushroom. Tune so bietjie swart peper oor die outjies. Teen hierdie tyd chill Zuma nou al die oond vir so 40 minute lank, so skuif hom op en sit die mushrooms langs hom in die oond vir so tien minute lank. Rasper in die meantime genoeg cheddarkaas op oor die mushrooms uit te gooi.
Jy kan nog swart peper bo-oor die kaas tune as jy wil.
Comments