Russian Worsies – Sonder Vark
- Suidwesters Maak Kos
- Jan 8, 2016
- 1 min read

8 kg Beesvleis (maer)
4kg Beesvet
3kg yswater
I Pakkie 600 gram, van Freddy Hirsch se RUSSIAN GM speserye
Maal die vleis saam met die vet en vries dit…saag die gevriesde “maalvleis” blokkies en maal weer 4 keer deur die boerewors siffie, gooi nou die speserye oor meng deur, en maal weer deur dieselfde siffie…
Meng nou met die hand die yswater baie goed deur die vleis, en laat staan vir so 2 ure om te set..Stop die vleis nou in 28/32 varkderms, en draai die worsies af op verlangde lengte…..en hang op stokke vir ten minste 3 ure, om behoorlik aft e droog ….dan kan hulle warm gerook word vir +/- n uur lank.
Comments